Ek is Hier…
Dis jou stilte wat my doof maak
En jou hartseer wat my laat huil
Dis wanneer ek aan jou hand raak
Dat jy dieper in jou skadu skuil
Laat gaan al jou kwaad
Wat jou emosies laat verdwyn
Want al jou verstoting
Laat my gevoelens vir jou wegkwyn
Jou vrese en jou angs
Weerspieël deur jou gedrag -
Is dit verkeerd en selfsugtig
As ek meer as dit verwag?
Ek is mos hier en my hart is oop
Al het jy joune al lankal verkoop
My arms is oop en my ore sal luister
Selfs as jy skree of as jy fluister
Begrawe jou skuldgevoel
In die donker grot waar jy skuil
Daar waar net jy is
En dit binne jou huil…
Chantelle Bekker (16)
Vir Rene
December 20, 2008 by Charms



Dis pragtig.
Het ek iets gemis?
Hellooooooooooooooooooooo