Dis more ‘n jaar later en tog voel dit soos gister en tog ook soos lank, lank gelede.
My Pa is dood, vir die tweede keer. Ek het hierdie diepe seer deurgegaan met my eie Pa ‘n klompie jare gelede en weer met my skoonPa.
Ek onthou toe ek die eerste keer vir Pa ontmoet het en ek het my doodgeskrik en gedog sjoe maar Kobie het ‘n kwaai Pa. Hierdie “kwaai” Pa het however baie diep in my hart gekruip en daar gebly om my lief te he sonder enige reservations.
Ek onthou die telefoonoproepe net om te se “hallo my kind”
Ek onthou die emails om te se “gee die bliksem se nommer, ek sal dit uitsort”
Ek onthou die gekookte eiers en padkos langs die highway op pad see toe
Ek onthou die opgewonde Juan as Oupa hom kom haal het vir die naweek
Ek onthou die vis en chips by Snoekies en die goggos op die strand
Ek onthou die Saterdae rugby
Ek onthou die groot man
Ek onthou die klein hartjie
Ek onthou die Geel Rose
Ek onthou ALLES
Ek het nog steeds Pa se nommer op my selfoon en al die emails wat Pa die laaste ruk aan my gestuur het. Ek lees hulle nog gereeld dan voel dit of Pa nog hier is.
Ek Mis Jou, Pa.




Dis mooilik ne? *sjoe*
Mooi geskryf dogter
Baie moeilik maar as they say – Life goes on. Die gemis gaan nooit weg nie.
My hart breek saam met joune en die trane het geloop (somme so hier in die middel van die kantoor). Dit is nie lekker as ‘n mens iemand so baie mis en jy kan hom nie eers bel nie.
Ek dink aan jou
Hugs and Kisses